Ek is nie baie handig in die kombuis nie. Daar was net geen
belangstelling toe ek jonger was nie… of dis wat my ma se. Toe ek in graad8 my
vakke vir die Hoerskool moes kies wou ek Huishoudkunde vat, my pa het gese NEE,
want ek weet nie eers hoe om n eier te kook nie. Ek moet net byvoeg dat ek nie
eiers eet nie, so daarom wil ek dit nie kook nie. En was dit nie die punt nie,
om te leer hoe om n eier te bak nie? Wel, daar was ook nie veel belangstelling
toe ek ouer was nie. Ek hou wel van die TV-program Master Chef en kyk dit
graag. Nie dat ek eintlik ‘tips’ optel nie, hahaha.
My man het darem al vroeg besef ek is nie self n Master Chef
nie, en dat my spesialiteitsdis toast of stir fry is. Maar nou is ek n getroude
vrou en ek hoor hoe oulike disse my vriendinne vir hulle mans maak en hoe hulle
eksperimenteer. En dan sien ek hoe my man wens sy vroutjie wou ook bietjie meer
doen in die kombuis. En toe besluit ek dat een van hierdie jaar se voorneme sal
wees om een keer in twee weke n nuwe dis te probeer maak vir manlief. Ek sal
tot so ver gaan dat hy vir my n telling uit 10 kan gee en n ‘comment’ by skryf
(want hy is nogal self handig in die kombuis). En ek sal die ‘constructive criticism’
vat en belowe om nie kwaad of moedeloos te raak nie.
So dis nou my eerste resep se beurt en wat n storie om te
besluit wat om te maak. Ek kan nie besluit of ek uit die Kook en Geniet
resepteboek moet kyk (wat my pa so paar jaar terug vir my gekoop het), of die
Keur se ‘Vinnige’ Resepteboekie te loer (wat n vriendin, - wat n goeie kok is -
vir my gekoop het nie), of na my e-posse van ‘What’s for Dinner’ en ‘Daily
Recipes’. Ek begin toe maar met die bestandele wat ek reeds in my huis het,
want ons almal weet hoe lyk die kos kaste en beursies in Januarie.
Ek wil ook nie iets te moeilik kies en dan al met die eerste
probeerslag opgee nie. Die engelse teenoor Afrikaans raak ook moeilik met die
vertaling. Ek moes reeds my ma vra wat is Komyn???
Ek besluit toe op n ‘Stuffed chicken, rolled with bacon’
prentjie wat vir my heerlik lyk. Ek weet n mens moet nie net vir die prentjie
kyk nie, maar dis nou maar hoe ek my eerste resep gekies het. Ek hoop net nie
die tandestokkies waarmee ek die rolletjie moet vasmaak slaan aan die brand
nie, haha. Nou moet ek net uit ‘figure’ hoe die oond werk en dan behoort ek
SEMI okay te wees. Wish me luck!
Ek wou nog se… Ek weet nie hoe lekker gaan
hierdie nuwejaarsvoorneem van kook, so lekker saam werk met die ander nuwejaarsvoorneem
om so paar kilo’s te verloor nie?????????