Tuesday, 28 May 2013

As jy weet… maar jy kan nie onthou nie


Is dit nie net absoluut frustreerend as jy iets weet, maar jy kan dit nie op daardie oomblik onthou nie. Dit kan vir enige iets geld, dalk n pin van n kaart wat jy minder gebruik of die antwoord op n vraag in n vraestel, of as jy daardie person raakloop in die winkelsentrum en net nie op hul naam kan kom nie… en dan moet jy die person natuurlik voorstel aan iemand… en jy uhm en aah soos n aap, of avoid dit net helemal. Want jy moet nou kies… is jy dom of ongeskik? Ek dink ek gaan eerder vir ongeskik, want ek wil defnitief nie as dom onthou word as dit regtig net n oomblik van ‘memory loss’ is nie.

Die antwoord kom natuurlik later na jou toe, so asof jou onderbewussyn aspris n poets op jou wou bak en saggies lag hier in jou agterkop.
 
Ek en my man kyk nou die aand n gedeelte van die Popeye fliek, stok oud. En ek kom toe agter dat die popeye akteur iemand baie bekend is en hy is net baie jonk in daardie fliek en bietjie anders aangetrek as normaal. Nou wil ek vir my man se, “Het jy gesien dis… uhm…uhm… uhm…” en daar kan ek glad nie die akteur se naam onthou nie. En dit PLA my! Want ek weet wie dit is, en hy speel in baie flieks. Ek kan glad nie op die res van die fliek konsentreer nie, want ek MOET nou hierdie ou se naam onthou. Ek weet sy naam of van begin met n ‘R’… maar wat help dit nou?

Ek begin toe flieks opnoem waarin hy gespeel het, met die hoop dat my man dalk die akteur se naam kan onthou. Flubber, Ms Doubtfire, Good Will Hunting, Jumanji, August Rush … maar nee. Niks. En ek voel soos n aap, want ek WEET dit! My brein is al op gedink en naby uitbrrand, en nogsteeds kan ek dit nie onthou nie. Dit kos toe my man om die Ipad te gaan haal en google moes toe help (soos gewoonlik J )

ROBIN WILLIAMS! Natuurlik! Ek het mos gese dit begin met n ‘R’.

 
 
Ek wou nog se… Dankie tog vir google, anders sou my siel nooit rus kry oor blerrie Robin Williams nie.

Wednesday, 22 May 2013

Dertien Worshonde

Ek het drie worshonde. Ek is absoluut gek oor hulle en het die liefde vir hulle seker by my ma aangeleer, want ons het nog altyd net worshonde gehad. Haar twee worshonde bly ook tydelik by ons, so dis vyf volwasse worshonde. My wyfie Minnie is toe nou swanger, en haar maag was so groot, dit het gelyk of sy enige oomblik gaan POP! Die laaste twee dae het haar maag so effe-effe op die grond begin skuur…shame!


Terwyl baie van my vriende en vriendinne nou al met n gesinnetjie begin of swanger is, is ek nou eers besig met klein worshondjies. My wyfie Minnie het drie weke terug toe haar kleintjies gehad, nie een nie, nie twee nie, nie drie nie… maar n volle AGT klein swart worshondjies. Nou dit is verskriklik baie vir n worshond. En ek was baie skepties oor hoeveel van hierdie agt sal oorleef, so ek het van dag een af vir hulle ekstra melkies gegee met n spuitjie. En nou, drie weke later lewe al agt nog.
 

Ek staan elke oggend vroeer op (en dis glad nie maklik vir my nie want ek is nie n oggend mens nie, ai) om vir die hondjies melk en pap te gee. Die eerste dag wat ek vir n hulle pap gee en hulle self uit die bordjie moes eet was dit omtrent vir jou n storie! Ek het in my lewe nog nooit drie weke oue worshondjies gesien wat so baie vol pap was nie. Soos ek gesukkel het, het e kook lekker gelag. Die een het so baie pap op sy gesiggie gehad, dat sy ogies sommer aan mekaar geplak het. Ek moes vining die waslap gryp en begin afvee.

Ek haal my hoed af vir my mamma hond Minnie met haar 8 babas, dit kan nie maklik wees om almal melk te gee, boude skoon te lek en warm te hou in die winter nie.

Ek wou nog sê… Dertien worshonde is nie n grappie nie! Dankie tog, agtlinge is nie algemeen onder mense nie ;)

Ek wou nog sê...


Ek wou nog sê…

Vandag is die dag! Ek gaan ook nou n blog begin, want daar is so baie goed wat ek nog wou sê… Ek onthou dit soms later, maar meestal net gedeeltelik as ek vir iemand anders daarvan wil vertel. So dan is dit nou blog tyd… al is dit net om my eie idees en gedagtes bymekaar te hou. As iemand anders dit wil lees vir die grap, vir n idee of twee of sommer maar net, is dit n ekstra bonus.


Ek sal seker meestal in Afrikaans skryf, en ek is seker my ma die onderwyseres sal defnitief vir my na elke ‘post’ se of ek spelfoute gemaak het, en of ek iets verkeerd gestel het, of n uitdrukking verkeerd gebruik het.  Byvoorbaat dankie mammie, hahaha.

So… hier begin ons vandag.
Hoekom? Want ek wou nog sê!! J