Is dit nie net absoluut frustreerend as jy iets weet, maar jy
kan dit nie op daardie oomblik onthou nie. Dit kan vir enige iets geld, dalk n
pin van n kaart wat jy minder gebruik of die antwoord op n vraag in n vraestel,
of as jy daardie person raakloop in die winkelsentrum en net nie op hul naam
kan kom nie… en dan moet jy die person natuurlik voorstel aan iemand… en jy uhm
en aah soos n aap, of avoid dit net helemal. Want jy moet nou kies… is jy dom
of ongeskik? Ek dink ek gaan eerder vir ongeskik, want ek wil defnitief nie as
dom onthou word as dit regtig net n oomblik van ‘memory loss’ is nie.
Die antwoord kom natuurlik later na jou toe, so asof jou
onderbewussyn aspris n poets op jou wou bak en saggies lag hier in jou
agterkop.
Ek begin toe flieks opnoem waarin hy gespeel het, met die
hoop dat my man dalk die akteur se naam kan onthou. Flubber, Ms Doubtfire, Good
Will Hunting, Jumanji, August Rush … maar nee. Niks. En ek voel soos n aap,
want ek WEET dit! My brein is al op gedink en naby uitbrrand, en nogsteeds kan
ek dit nie onthou nie. Dit kos toe my man om die Ipad te gaan haal en google
moes toe help (soos gewoonlik J
)
ROBIN WILLIAMS! Natuurlik! Ek het mos gese dit begin met n ‘R’.
Ek wou nog se… Dankie tog vir google, anders sou my siel
nooit rus kry oor blerrie Robin Williams nie.
Dit moet wees hoekom ons vriende is...ek kies ook eerder om ongeskik te wees as dom.HAHAHA
ReplyDelete