Terwyl baie van my vriende en vriendinne nou al met n
gesinnetjie begin of swanger is, is ek nou eers besig met klein worshondjies. My
wyfie Minnie het drie weke terug toe haar kleintjies gehad, nie een nie, nie
twee nie, nie drie nie… maar n volle AGT klein swart worshondjies. Nou dit is
verskriklik baie vir n worshond. En ek was baie skepties oor hoeveel van
hierdie agt sal oorleef, so ek het van dag een af vir hulle ekstra melkies
gegee met n spuitjie. En nou, drie weke later lewe al agt nog.
Ek staan elke oggend vroeer op (en dis glad nie maklik vir
my nie want ek is nie n oggend mens nie, ai) om vir die hondjies melk en pap te
gee. Die eerste dag wat ek vir n hulle pap gee en hulle self uit die bordjie
moes eet was dit omtrent vir jou n storie! Ek het in my lewe nog nooit drie
weke oue worshondjies gesien wat so baie vol pap was nie. Soos ek gesukkel het,
het e kook lekker gelag. Die een het so baie pap op sy gesiggie gehad, dat sy
ogies sommer aan mekaar geplak het. Ek moes vining die waslap gryp en begin
afvee.
Ek haal my hoed af vir my mamma hond Minnie met haar 8 babas,
dit kan nie maklik wees om almal melk te gee, boude skoon te lek en warm te hou
in die winter nie.
Ek wou nog sê… Dertien worshonde is nie n grappie nie! Dankie
tog, agtlinge is nie algemeen onder mense nie ;)
Mens moet net verby hulle "train the trainer" kan werk
ReplyDelete