In my studentedae het ek stamina gehad soos n resies perd.
Niks was ooit te veel moeite nie en daar was altyd tyd vir fun en partytjie
hou. Ons kon daardie tyd maklik-maklik tot 5uur die oggend kuier in Hatfield
Square, en die volgende oggend weer 8uur die oggend gou klas loop. No problem!
Deesdae kan ek amper nie gou genoeg in my bed klim na werk nie, want die
moegheid oorval my al van vroeg af. En moenie dink dis dan maklik om in die
oggend op te staan nie, neeeeeeeeee, dis nog moeiliker!
En geld, daar was altyd geld om uit te gaan? Waar dit
vandaan gekom het, en hoe jy n moewiese jol op R20 kon he gaan my verstand te
bowe. Ek onthou hoe ek en een vriendin in die huis rondloop en geld soek.
Tussen die banke, los in ons handsakke, ou beursies, enige 50c sou werk, en ons
het toe n volle R30 om ted eel vir die aand. En dit was oorgenoeg! Nou sukkel n
mens om jou maandelikse rekeninge te betaal en as jy uitgaan is dit honderde en
honderde rande om net n relatiewe goeie tyd te he. Moet my nie verkeerd
verstaan nie, ons kan nog lekker partytjie hou, maar dis n ander lekker.
Die enigste verantwoordelikhede wat ons toe gehad het is om
jou vakke deur te kom, en dan ook nie absoluut fantasties deur te kom nie, net
n pass. En dan is dit soms goed genoeg om ook net n hereksamen te kry, hahaha. Nou is dit werk wat gedoen
moet word, huis ding, hond dinge, kar dinge, kinder dinge, geld dinge, ens ens
ens.
Ek is wel spyt omdat ek nooit koshuis toe gegaan het nie. Ek
dink daar is baie lekker geleenthede om nuwe mense te ontmoet en fun
aktiwiteite te doen. Ienkmelodienk, Serrie, ontgroening, sokkies saam die
manskoshuise, jool. Dis hoekom ek vir my susters gese het hulle moet koshuis
toe gaan.
Ek chat nou met een van my ou Universitiets vriende, en ons
verlang terug na die ‘care-free’ dae, en hy vra of ek ooit spyt was oor goed
wat ek gedoen het toe ek n student was. Ek antwoord toe dat ek eerder spyt is
oor die goed wat ek nie gedoen het nie. Ek dink ek moes so klein bietjie meer
reckless gewees het J
Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek kla glad nie oor die
lewe wat ek nou lewe nie. Dis een van die ‘stages’ van die lewe en dis goed.
Maar dis regtig heerlik om goeie herinneringe te he.
Ek wou nog se… Student wees het gerock, en ek sou graag net
so week of twee van dit oor wou gehad het J
No comments:
Post a Comment