Wednesday, 9 July 2014

'Well I am' Challenge


‘Well I am’ Challenge

CHALLENGE        -              noun

1.       a call to someone to participate in a competitive situation or fight to decide who is superior in terms of ability or strength.


2.       a call to prove or justify something.
 

Die woord ‘uitdaging’ het n realiteit vir my geword op 1 Julie 2014 toe ek begin het met die ‘Well I am Challenge’ om al my oortollige gewig af te skud, maar ook n meer gesonder leefwyse te leef. Soos in die eerste engelse definisie van die woord ‘challenge’, gaan ek in n kompetisie in vir die beste transformasie teen ander deelnemers. Maar my grootste kompetisie is ek self. Ek moet oor al my verskonings kom, en het ek nie vir jou verskriklik baie van dit nie! Veral die verskoning om nie te gaan oefen nie… dis te koud, die verkeer was te erg, mense gaan vir my lag, my groottoon pyn!
 


Die tweedeengelse definise van die woord ‘challenge’ is om iets te bewys. Hier wil ek vir almal bewys wat se ‘Ag, sys al tog nooit maer word nie’, dat ek dit wel kan doen. Ook wil ek dit aan myself bewys, want ek het al soveel keer opgegee.


Dit help natuurlik dat manlief ook bietjie dieet en oefen, want dan hoef ek nie in die aande met n koue ou slaaitjie te sit, en hy met n heerlike hamburger en skyfies nie. Hy raak ook vinniger honger as ek, so gewoonlik as ek by die huis kom na werk, het hy al begin met n gesonde etetjie vir die aand.


Hierdie uitdaging het my nuwe moed gegee,en ek sien uit vir die volgende 100 dae. Sommige mense dink 100 dae is verskriklik lank, ja dit is. Maar die 100 dae gaan in elk geval verby gaan. Ek kan dit netsowel gebruik om n verskil te maak in my eie lewe. My yskas is vol geplak met laasjaar se wenner as motivering, kalenders wat die dae af tel en kos idees. Ek het gesien beplanning is die grootste hindernis vir my, en ek probeer nou beter beplan.


Daar is natuurlik die vriendinne wat baie ondersteunend is, boodskappies stuur en jou nie in n glas wyn in forseer nie. Dan is daar ook die wat jou altyd van die wal na die sloot wil help, en met elke braai n stuk knoffelbrood in die hand probeer stop. Hier gaan dalk n paar vriendskappe beproef word, wie weet?


Hou vir my duim vas, klap die cupcake uit my hand uit en stuur n bietjie motivering vir die 100 dae wat voorle!


P.S. Ek wou nog se… miskien sien julle my in n sexy bikini Desember vakansie ;)

 

Friday, 17 January 2014

Kook is n kuns…wat ek spoedig moet aanleer

Soooooooo…. 2014 is hier en natuurlik het ek n paar nuwejaarsvoorneme gemaak. En soos dit mos maar gaan begin n mens gewoonlik goed en dan val n mens so bietjie van die bus af deur die jaar. Maar soos alle nuwejaarsvoorneme wil ek graag met hierdie een deurdruk, nie net vir my nie, maar ook vir my liewe man J



Ek is nie baie handig in die kombuis nie. Daar was net geen belangstelling toe ek jonger was nie… of dis wat my ma se. Toe ek in graad8 my vakke vir die Hoerskool moes kies wou ek Huishoudkunde vat, my pa het gese NEE, want ek weet nie eers hoe om n eier te kook nie. Ek moet net byvoeg dat ek nie eiers eet nie, so daarom wil ek dit nie kook nie. En was dit nie die punt nie, om te leer hoe om n eier te bak nie? Wel, daar was ook nie veel belangstelling toe ek ouer was nie. Ek hou wel van die TV-program Master Chef en kyk dit graag. Nie dat ek eintlik ‘tips’ optel nie, hahaha.

My man het darem al vroeg besef ek is nie self n Master Chef nie, en dat my spesialiteitsdis toast of stir fry is. Maar nou is ek n getroude vrou en ek hoor hoe oulike disse my vriendinne vir hulle mans maak en hoe hulle eksperimenteer. En dan sien ek hoe my man wens sy vroutjie wou ook bietjie meer doen in die kombuis. En toe besluit ek dat een van hierdie jaar se voorneme sal wees om een keer in twee weke n nuwe dis te probeer maak vir manlief. Ek sal tot so ver gaan dat hy vir my n telling uit 10 kan gee en n ‘comment’ by skryf (want hy is nogal self handig in die kombuis). En ek sal die ‘constructive criticism’ vat en belowe om nie kwaad of moedeloos te raak nie.

So dis nou my eerste resep se beurt en wat n storie om te besluit wat om te maak. Ek kan nie besluit of ek uit die Kook en Geniet resepteboek moet kyk (wat my pa so paar jaar terug vir my gekoop het), of die Keur se ‘Vinnige’ Resepteboekie te loer (wat n vriendin, - wat n goeie kok is - vir my gekoop het nie), of na my e-posse van ‘What’s for Dinner’ en ‘Daily Recipes’. Ek begin toe maar met die bestandele wat ek reeds in my huis het, want ons almal weet hoe lyk die kos kaste en beursies in Januarie.

Ek wil ook nie iets te moeilik kies en dan al met die eerste probeerslag opgee nie. Die engelse teenoor Afrikaans raak ook moeilik met die vertaling. Ek moes reeds my ma vra wat is Komyn???

Ek besluit toe op n ‘Stuffed chicken, rolled with bacon’ prentjie wat vir my heerlik lyk. Ek weet n mens moet nie net vir die prentjie kyk nie, maar dis nou maar hoe ek my eerste resep gekies het. Ek hoop net nie die tandestokkies waarmee ek die rolletjie moet vasmaak slaan aan die brand nie, haha. Nou moet ek net uit ‘figure’ hoe die oond werk en dan behoort ek SEMI okay te wees. Wish me luck!
Ek wou nog se… Ek weet nie hoe lekker gaan hierdie nuwejaarsvoorneem van kook, so lekker saam werk met die ander nuwejaarsvoorneem om so paar kilo’s te verloor nie?????????

Wednesday, 28 August 2013

Vinnig Ry & Road Rage

Ek is defnitief nie gemaak vir stadig ry nie. Dis mos ook altyd wanneer jy laat is dat die stadigste mense voor jour y, en ek si altyd oortuig dat hulle defnitief weet ek is laat en nou is hulle aspris en ry NOG stadiger. Ook al is ek nie haastig nie, kan dit my grensloos irriteer as iemand stadig voor my ry. Ek bedoel, kom ons almal kom net waar ons moet wees so vining as moontlik.

Ek bestuur ook defnitief nie soos n vrou nie. O, nee!! Vrouens bestuur in die algemeen heeltemaal TE oorversigtig, en stadig en simpel en swak. Daar is so hier en daar n uitsondering… soos my ma, hahahaha! n Vrou sal sommer stadiger ry by n groen lig, net om seker te maak iemand wil nie dalk oor die rooi verkeerslig ry nie, en dit sal veroorsaak dat die arme sot agter haar in haar vas ry. En die vrouens wat dink hulle kan multitask deur op die selfoon te praat, mascara aan te sit en bestuur maak n moewiese fout. Hulle bestuur soos dronkies wat nie weet presies of hulle die linker flikkerlig moet aansit om regs te draai nie.

Ek hoef eintlik nie eers iets te se oor die taxi drywers nie, ek dink ons almal voel dieselfde oor hulle. As almal maar geduldig moet wag in die spitsverkeer, kom hulle verby gejaag op die geel lyn, skouer of sommer die grond langs die pad met een wiel so bietjie-bietjie op die teer. Dan druk hulle hulle neuse vining voor iemand in, en maak amper n ongeluk. Dan kry jy die ape wat vir hulle plek maak, dit maak my amper nog meer kwaad as die taxi drywer. Ek ry so op die g*t van die kar voor my, sodat hulle nie kan indruk nie, dat die ou voor my asb net nie vining moet rem nie, want dan is ek defnitief in hom vas.

Dan kom ons by die groot goue reel van die pad, wat niemand bleikbaar weet nie. HOU LINKS< GAAN REGS VERBY! As jy nie wil vining ry nie, gaan na die linkerkantste baan toe. Ek is een van daai wat vir jou gaan ligte flits want ek dink jy is n idioot en suinig. As jy ook in spitsverkeer n gaping wil los waar daar 3 karre op n slag kan ingaan, haat ek jou defnitief. As jy nie op die ou voor jou se g*t wil ry in spitsverkeer nie, gaan na die LINKER BAAN toe! Want jy irriteer vir my, en die 10 karre agter my ook!

Ek het al baie kere gedink om n paintball geweer te kry. Dit sal vir my verskriklik baie plesier verskaf om idiote op die pad te skiet. Vrou wat rem by die robot kry 2 skote. Taxi wat verby my jag, 4 skote, taxi wat voor my indruk, 10 skote, en die ou wat nie links hou nie se hele voorruit word toe geskiet dat hulle moet links gaan om aft e trek. Ek fantaseer menigmaal oor hoe ek hierdie mense gaan ‘uithaal’, as dit maar net so eenvoudig was.

 

Ek wou nog se… Ek is gemaak vir vining ry en die verkeersbeamptes kan bly wees ek ry maar net n 1600, en nie n turbo of iets baie vining nie.

Monday, 5 August 2013

My Oupa en Ouma se Plaas


Ons het in die week na een van Robbie Wessels se shows gaan kyk, en wat ek die meeste daarvan hou is dat hy voor elke liedjie n bietjie gesels en se waaroor die liedjie gaan en waarvan daan dit kom. Toe hy so oor sy plaas dae praat, dink ek toe terug na my eie plaas dae op my Oupa en Ouma se plaas tussen Volksrust en Amersfoort.

Ouma het elke oggend n pot pap gemaak. ‘n MOEWIESSSSSSE pot pap, want almal moes daarvan eet. Lekker pap, met botter, suiker en melk en ook n bietjie bederf met gekerfde biltong stukkies oor… mmmmmmm. As die mense in die huis geeet het, is dit die honde en duisende plaas katte se beurt. En dit wat oorbly gaan in die varke se emmer in.

Nou die varke se emmer het iets van alles in gehad, daai varke het enige ding geeet. Maar my ouma het altyd gese daar mag geen lemoenskille ingaan nie, want dis die enigste ding wat die varke nie eet nie. Daar was n varkwaentjie waarop hierdie emmers vol mengelmoeskos gestaan het en ek kon altyd n lift op die waentjie kry na die varkhokke toe terwyl Ouma die waentjie sleep.

Eiers uithaal was nogal heel pret, om in al die verskillende hokkies te kyk en te soek vir die eiers. Daar was twee hokke en my broer moes altyd by die een ingaan waar die skop hoenderhaan in was, want ek was bitter bang vir daai kwaai hoenderhaan.

In n gedeelte veld langs die plaashuis was verskriklik baie groot klippe. Ons het gereeld soontoe gegaan en dan huis-huis gespeel. Hierdie klip het n holte soos n bad, so dis die badkamer. Daardie klip is lank en plat, so dis die bed. So kon ons ons vir ure vermaak en ons verbeeldings gebruik om verskillende vertrekke en meubels uit die klippe te maak.

Ek en my broer het graag op die bale gespring en gespeel, en ons het ook binne in die stroper geklim en bo-op die gestroopde mieliepitte gespeel en gegrawe. Trekker ry saam my Oupa was ook altyd n hoogtepunt. En dit was so lekker om die lammertjies bottels melk te gaan gee in die oggend.

My Oupa het aan die wasgoeddraad twee swaaie vas gemaak vir die kleinkinders. Ons wou altyd vinniger en vinniger en vinniger om gaan, en dit het natuurlik vir ouma gehelp want die wind het die wasgoed vinniger laat droog word.

Toe my Oupa begin siek word het en hy stadig maar seker oppad uit was, was die besluit geneem om die plaas te verkoop, want Ouma kon nie alleen daar bly nie. Dit was n lang en hartseer proses.

Ek wou nog se… Al is die plaas nou weg, sal die herineringe nooit kon verkoop word met die plaas nie.

Friday, 7 June 2013

Studentedae - "The good old days"

My tweeling susters is nou op Universitieit en dit laat my heelwat terug dink aan my eie studentedae. Nou dit is defnitief daardie dae waarna almal verwys as die ‘good old days!’  Dinge was net anders toe gewees, slaap, geld, verantwoordelikhede…


In my studentedae het ek stamina gehad soos n resies perd. Niks was ooit te veel moeite nie en daar was altyd tyd vir fun en partytjie hou. Ons kon daardie tyd maklik-maklik tot 5uur die oggend kuier in Hatfield Square, en die volgende oggend weer 8uur die oggend gou klas loop. No problem! Deesdae kan ek amper nie gou genoeg in my bed klim na werk nie, want die moegheid oorval my al van vroeg af. En moenie dink dis dan maklik om in die oggend op te staan nie, neeeeeeeeee, dis nog moeiliker!

En geld, daar was altyd geld om uit te gaan? Waar dit vandaan gekom het, en hoe jy n moewiese jol op R20 kon he gaan my verstand te bowe. Ek onthou hoe ek en een vriendin in die huis rondloop en geld soek. Tussen die banke, los in ons handsakke, ou beursies, enige 50c sou werk, en ons het toe n volle R30 om ted eel vir die aand. En dit was oorgenoeg! Nou sukkel n mens om jou maandelikse rekeninge te betaal en as jy uitgaan is dit honderde en honderde rande om net n relatiewe goeie tyd te he. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ons kan nog lekker partytjie hou, maar dis n ander lekker.

Die enigste verantwoordelikhede wat ons toe gehad het is om jou vakke deur te kom, en dan ook nie absoluut fantasties deur te kom nie, net n pass. En dan is dit soms goed genoeg om ook net n hereksamen  te kry, hahaha. Nou is dit werk wat gedoen moet word, huis ding, hond dinge, kar dinge, kinder dinge, geld dinge, ens ens ens.

Ek is wel spyt omdat ek nooit koshuis toe gegaan het nie. Ek dink daar is baie lekker geleenthede om nuwe mense te ontmoet en fun aktiwiteite te doen. Ienkmelodienk, Serrie, ontgroening, sokkies saam die manskoshuise, jool. Dis hoekom ek vir my susters gese het hulle moet koshuis toe gaan.

Ek chat nou met een van my ou Universitiets vriende, en ons verlang terug na die ‘care-free’ dae, en hy vra of ek ooit spyt was oor goed wat ek gedoen het toe ek n student was. Ek antwoord toe dat ek eerder spyt is oor die goed wat ek nie gedoen het nie. Ek dink ek moes so klein bietjie meer reckless gewees het J

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek kla glad nie oor die lewe wat ek nou lewe nie. Dis een van die ‘stages’ van die lewe en dis goed. Maar dis regtig heerlik om goeie herinneringe te he.

Ek wou nog se… Student wees het gerock, en ek sou graag net so week of twee van dit oor wou gehad het J

 

Tuesday, 28 May 2013

As jy weet… maar jy kan nie onthou nie


Is dit nie net absoluut frustreerend as jy iets weet, maar jy kan dit nie op daardie oomblik onthou nie. Dit kan vir enige iets geld, dalk n pin van n kaart wat jy minder gebruik of die antwoord op n vraag in n vraestel, of as jy daardie person raakloop in die winkelsentrum en net nie op hul naam kan kom nie… en dan moet jy die person natuurlik voorstel aan iemand… en jy uhm en aah soos n aap, of avoid dit net helemal. Want jy moet nou kies… is jy dom of ongeskik? Ek dink ek gaan eerder vir ongeskik, want ek wil defnitief nie as dom onthou word as dit regtig net n oomblik van ‘memory loss’ is nie.

Die antwoord kom natuurlik later na jou toe, so asof jou onderbewussyn aspris n poets op jou wou bak en saggies lag hier in jou agterkop.
 
Ek en my man kyk nou die aand n gedeelte van die Popeye fliek, stok oud. En ek kom toe agter dat die popeye akteur iemand baie bekend is en hy is net baie jonk in daardie fliek en bietjie anders aangetrek as normaal. Nou wil ek vir my man se, “Het jy gesien dis… uhm…uhm… uhm…” en daar kan ek glad nie die akteur se naam onthou nie. En dit PLA my! Want ek weet wie dit is, en hy speel in baie flieks. Ek kan glad nie op die res van die fliek konsentreer nie, want ek MOET nou hierdie ou se naam onthou. Ek weet sy naam of van begin met n ‘R’… maar wat help dit nou?

Ek begin toe flieks opnoem waarin hy gespeel het, met die hoop dat my man dalk die akteur se naam kan onthou. Flubber, Ms Doubtfire, Good Will Hunting, Jumanji, August Rush … maar nee. Niks. En ek voel soos n aap, want ek WEET dit! My brein is al op gedink en naby uitbrrand, en nogsteeds kan ek dit nie onthou nie. Dit kos toe my man om die Ipad te gaan haal en google moes toe help (soos gewoonlik J )

ROBIN WILLIAMS! Natuurlik! Ek het mos gese dit begin met n ‘R’.

 
 
Ek wou nog se… Dankie tog vir google, anders sou my siel nooit rus kry oor blerrie Robin Williams nie.

Wednesday, 22 May 2013

Dertien Worshonde

Ek het drie worshonde. Ek is absoluut gek oor hulle en het die liefde vir hulle seker by my ma aangeleer, want ons het nog altyd net worshonde gehad. Haar twee worshonde bly ook tydelik by ons, so dis vyf volwasse worshonde. My wyfie Minnie is toe nou swanger, en haar maag was so groot, dit het gelyk of sy enige oomblik gaan POP! Die laaste twee dae het haar maag so effe-effe op die grond begin skuur…shame!


Terwyl baie van my vriende en vriendinne nou al met n gesinnetjie begin of swanger is, is ek nou eers besig met klein worshondjies. My wyfie Minnie het drie weke terug toe haar kleintjies gehad, nie een nie, nie twee nie, nie drie nie… maar n volle AGT klein swart worshondjies. Nou dit is verskriklik baie vir n worshond. En ek was baie skepties oor hoeveel van hierdie agt sal oorleef, so ek het van dag een af vir hulle ekstra melkies gegee met n spuitjie. En nou, drie weke later lewe al agt nog.
 

Ek staan elke oggend vroeer op (en dis glad nie maklik vir my nie want ek is nie n oggend mens nie, ai) om vir die hondjies melk en pap te gee. Die eerste dag wat ek vir n hulle pap gee en hulle self uit die bordjie moes eet was dit omtrent vir jou n storie! Ek het in my lewe nog nooit drie weke oue worshondjies gesien wat so baie vol pap was nie. Soos ek gesukkel het, het e kook lekker gelag. Die een het so baie pap op sy gesiggie gehad, dat sy ogies sommer aan mekaar geplak het. Ek moes vining die waslap gryp en begin afvee.

Ek haal my hoed af vir my mamma hond Minnie met haar 8 babas, dit kan nie maklik wees om almal melk te gee, boude skoon te lek en warm te hou in die winter nie.

Ek wou nog sê… Dertien worshonde is nie n grappie nie! Dankie tog, agtlinge is nie algemeen onder mense nie ;)