Ek bestuur ook defnitief nie soos n vrou nie. O, nee!!
Vrouens bestuur in die algemeen heeltemaal TE oorversigtig, en stadig en simpel
en swak. Daar is so hier en daar n uitsondering… soos my ma, hahahaha! n Vrou
sal sommer stadiger ry by n groen lig, net om seker te maak iemand wil nie dalk
oor die rooi verkeerslig ry nie, en dit sal veroorsaak dat die arme sot agter
haar in haar vas ry. En die vrouens wat dink hulle kan multitask deur op die
selfoon te praat, mascara aan te sit en bestuur maak n moewiese fout. Hulle
bestuur soos dronkies wat nie weet presies of hulle die linker flikkerlig moet
aansit om regs te draai nie.
Ek hoef eintlik nie eers iets te se oor die taxi drywers
nie, ek dink ons almal voel dieselfde oor hulle. As almal maar geduldig moet
wag in die spitsverkeer, kom hulle verby gejaag op die geel lyn, skouer of
sommer die grond langs die pad met een wiel so bietjie-bietjie op die teer. Dan
druk hulle hulle neuse vining voor iemand in, en maak amper n ongeluk. Dan kry
jy die ape wat vir hulle plek maak, dit maak my amper nog meer kwaad as die
taxi drywer. Ek ry so op die g*t van die kar voor my, sodat hulle nie kan
indruk nie, dat die ou voor my asb net nie vining moet rem nie, want dan is ek
defnitief in hom vas.
Dan kom ons by die groot goue reel van die pad, wat niemand
bleikbaar weet nie. HOU LINKS< GAAN REGS VERBY! As jy nie wil vining ry nie,
gaan na die linkerkantste baan toe. Ek is een van daai wat vir jou gaan ligte
flits want ek dink jy is n idioot en suinig. As jy ook in spitsverkeer n gaping
wil los waar daar 3 karre op n slag kan ingaan, haat ek jou defnitief. As jy
nie op die ou voor jou se g*t wil ry in spitsverkeer nie, gaan na die LINKER
BAAN toe! Want jy irriteer vir my, en die 10 karre agter my ook!
Ek het al baie kere gedink om n paintball geweer te kry. Dit
sal vir my verskriklik baie plesier verskaf om idiote op die pad te skiet. Vrou
wat rem by die robot kry 2 skote. Taxi wat verby my jag, 4 skote, taxi wat voor
my indruk, 10 skote, en die ou wat nie links hou nie se hele voorruit word toe
geskiet dat hulle moet links gaan om aft e trek. Ek fantaseer menigmaal oor hoe
ek hierdie mense gaan ‘uithaal’, as dit maar net so eenvoudig was.
Ek wou nog se… Ek is gemaak vir vining ry en die
verkeersbeamptes kan bly wees ek ry maar net n 1600, en nie n turbo of iets
baie vining nie.